Kerk van die Ooste | |
---|---|
Plaaslike naam | ܥܕܬܐ ܕܡܕܢܚܐ |
Geloof | Oosterse Christendom |
Leiernaam | Katolikos-Patriarg van die Ooste |
Bestel | Episkopaal |
Gebied | Midde-Ooste, Sentraal-Asië, Verre Ooste, Indië[1] |
Liturgie | Oos-Siriese Ritus (Liturgie van Addai en Mari) |
Hoofsetel | Seleukië-Ktesifon (410-775)[2] Bagdad (775-1317)[3] |
Stigter | Apostel Thomas |
Stigtingsdatum | Apostoliese Tydperk |
Skeurings | In 1552 verdeel in twee patriargate, later vier, maar teen 1830 weer twee; een is die Chaldeeus-Katolieke Kerk en die ander het in 1968 verdeel in die Assiriese Kerk van die Ooste en die Antieke Kerk van die Ooste |
Ander name | Oos-Siriese Kerk, Kerk van Seleukië-Ktesifon, Persiese Kerk, Assiriese Kerk, Babiloniese Kerk, Nestoriaanse Kerk |
Die Kerk van die Ooste (klassieke Siries: ܥܕܬܐ ܕܡܕܢܚܐ, ʿĒḏtā d-Maḏenḥā) was 'n Oosters-Christelike kerk van die Oos-Siriese ritus wat in Mesopotamië gesetel was. Dit is een van die drie grootste takke van die Oosterse Christendom (Christendom in die Oos-Romeinse Ryk) wat uit die Christologiese omstredenhede van die 5de en 6de eeu n.C. ontstaan het, saam met die Oriëntaal-Ortodokse Kerke en die Chalcedoniese kerke. In die vroeë moderne tydperk het 'n reeks skeurings aanleiding gegee tot mededingende patriargate, soms twee en soms drie.[4] Sedert die laaste helfte van die 20ste eeu maak drie kerke in Irak aanspraak op die erfenis van die Kerk van die Ooste. Intussen maak die Oos-Siriese kerke in Indië aanspraak op die erfenis van die Kerk van die Ooste in Indië.[1]
Die Kerk was onder verskeie name bekend, onder meer die Oos-Siriese Kerk,[5], die Kerk van Seleukië-Ktesifon,[6] die Persiese Kerk, die Assiriese Kerk, die Babiloniese Kerk[7][8][9] en die Nestoriaanse Kerk.
The Church of Seleucia - Ctesiphon was called the East Syrian Church or the Church of the East .
Authors are using different names to designate the same Church : the Church of Seleucia - Ctesiphon, the Church of the East, the Babylonian Church , the Assyrian Church, or the Persian Church.